APOSTOLIES / PROFETIES
Op 1 November 2009 is Familia Christi geplant. Die Here het ons geroep om hierdie kerk te plant met die wete dat ons in die breër gemeenskap, maar ook wyer in ons land en selfs in die buiteland `n rol sal speel. Ons sal `n kerk vir kerke wees. Reeds van die begin af het die Here ons oortuig dat niemand na hierdie kerk genooi moet word nie, maar dat ons Hom sal vertrou om mense hierheen te stuur. Die Here het self Sy woord aan ons laat waar word deur mense weekliks by te voeg, maar ook deur die bediening te laat groei tot `n netwerk van gemeentes vanaf Kaapstad, Oudtshoorn, Fort – Beaufort, Hofmeyr, Stutterheim & Aliwal – Noord. `n Internasionale bediening wat in Amerika gesetel is, het reeds navraag gedoen om met ons te netwerk via `n internasionale konferensie.
As geestelike vader & moeder van hierdie gemeente, is ons oortuig daarvan dat God se agenda vir mense, te alle tye ons eerste prioriteit moet wees. Om hierdie rede fokus ons daarop om mense in die familie te laat tuis voel, maar ons sal nooit kompromieë aangaan waar God se Woord en die evangelie van Jesus Christus in diskrediet gebring word nie. God se Woord is gesagdraend en ons weet dat Heilige Gees oor ons aangestel is om ons te begelei om God se Woord te interpreteer en te gehoorsaam, sodat God daarvoor die eer kry.
Dit is vir ons van uiterste belang dat die familie vir mekaar moet omgee en ons wil graag vir die kerk `n gesig gee in die samelewing. Ons wil ook ‘n voorbeeld wees deur vir mekaar om te gee as daar nood is soos hongernood, dwelmisbruik, finansiële uitdagings, krisisse met verblyf, emosionele stressore en bindings en vele meer.
Ons gaan mense altyd herinner dat ons hier is vir ander mense – nie vir onsself nie. Deur ons lewe en ons getuienis vertrou ons dat mense opewonde sal raak om deel te word van Familia Christi Queenstown.
Johan & Lizette Potgieter
VISION
Familia Christi is gebore en geplant in `n proses waar die Here kom bevestig het, dat Hy iets nuut wil doen. Deel van die nuwe roeping vir hierdie kerk is om te alle tye gehoorsaam te wees aan wat die Here vir ons sê. Daarom kies ons om die waarheid van die Woord te alle tye te beskerm en daarvoor te staan, want ons glo dat die Bybel God se Woord is vir ons.
Ons is geroep om vry te wees van strukture wat mense verhinder om aan God en Sy Woord gehoorsaam te wees. Ons wil die Waarheid van die Woord hoog dra sodat mense sal sien dat God vir ons die belangrikste is.
God se Woord vir ons kom uit 1 Tim 3:15. Dit kom daarop neer dat :”God’s household is the church of the living God, the pillar and foundation of the Truth”. Ons wil stewig staan met die Waarheid van die evangelie op ons gebou.
Ons verwagting is dat ons die hemelse nou reeds hier op aarde sal beleef. Ons verwag dat God met dieselfde krag in ons sal werk as toe Hy Jesus uit die dood laat opstaan het. Ons getuig nou reeds van Goddelike genesings, openbarings, visioene, tekens in die hemel en profetiese woord. Ons kan nooit weer dieselfde wees nie! Ons leef nuut!